Ensuite Badkamers
Alle breekware, linne en handdoeke verskaf. Braai toerusting verskaf wat swart potte, roosters en panne insluit
Die grond vloer bestaan uit 'n moderne kombuis, woon area en 'n addisionele badkamer
'n Groot stoep bied uitstekende area vir vermaak. 'n Swembad, boma en lapa langs die huis voltooi die perfekte Bosveld ondervinding. Die fasiliteit slaap gemaklik 14 mense.
'n snooker tafel, veerpyltjie bord (bring eie), DSTV (bring eie SIM-card) en VCR is beskikbaar
Akkommodasie is volledige uitgerus en daagliks gediens. Die fasiliteit is eksklusief beskikbaar vir groepe. Geen gesamentlike besprekings word aanvaar nie.
Ingesluit in die akkommodasie is a koel kamer, gidse, jag voertuig en vuurmaak hout. Werkers sal gejagte wild uit die veld haal en behoorlik verwerk voor dit gestoor word in die koel kamer
Kos en drank is nie ingesluit by die daaglikse fooie nie. Daggelde word per nag geslaap bereken.
Minimum van 4 jagters vir 3 nagte benodig vir bespreking
BTW Uitgesluit